Ontdek God op ander vlakke
Die Kwantum Wêreld en God
Inleiding
Nahmanides ’n Joodse Rabbi en Filosoof van 1194 - 1270, ook
bekend as Rabbi Ramban het in daardie tyd die volgende stelling gemaak, “Now listen to the correct and clear explanation of the verse in
its simplicity. The Holy One, blessed be He, created all things from absolute
non-existence. Now we have no expression in the sacred language for bringing
forth something from nothing other than the word bara (created). Everything
that exists under the sun or above was not made from non-existence at the
outset. Instead He brought forth from total and absolute nothing a very thin
substance devoid of corporeality but having a power of potency, fit to assume
form and to proceed from potentiality into reality. This was the primary matter
created by God; it is called by the Greeks hyly (matter). After the hyly He did
not create anything, but He formed and made --things with it, and from this
hyly He brought everything into existence. and clothed the forms and put them
into a finished condition.” Hy het daardie tyd al beweer dat alles bestaan binne 10
dimensies. Dit het van toe af tot nou geneem om sy stellings korrek te
bewys.
Chuck
Missler sê die volgende, “Our universe is but a shadow of a greater reality.”
Heelwat is alreeds geskryf oor Kwantumteorie en hoe dit met
Bybelse beginsels inpas. Met hierdie skrywe poog ek, om dit nie net vir myself
meer duidelik te maak nie (deur konsepte te boekstaaf kry ek gewoonlik meer
duidelikheid), maar ook vir die wat dit dalk mag lees.
Die skrywe is dan ook grootliks gebaseer op die boek
“Quantum Glory, The science of Heaven invading Earth” van Phil Mason, “Die
Groot Gedagte – Abstrakte Weefsel van die Kosmos” van Gideon Joubert, Die Bybel
en vêrder op inligting wat vrylik op die Web beskikbaar is. As enigiemand wat
dit lees saamstem of nie saamstem nie sal ek graag van hulle wil hoor, veral as
hulle van my verskil dan kan ek iets leer, kontak my by dieterc.b@gmail.com. Ek beveel ook aan
dat julle vir verdere kennis van die wisselwerking tussen die Wetenskap en God
die boeke hierbo lees.
Moenie bekommerd wees nie hierdie is nie oor Fisika en
Wiskunde nie, dit slegs oor die konsepte wat deur die wetenskaplikes ontdek is
of wat hulle glo hulle ontdek het. Die woord kwantum kan ook vertaal word as
omvang, in die geval baie, maar wag laat ons kyk hoe werk dit.
Kwantumteorie in ’n neutedop.

Die Atoom was in ’n stadium die kleinste element wat ons van
geweet het, maar met Einstein se teorie van relatiwiteit, die bou van die
Atoombom, partikel versnellers en die soeke na die boustene van die neutrone,
protone, het alles verander.
Hier langsaan word ’n tabel wat die verskillende tipes
Kwantum partikels gegee. Jy kry Quarks en Leptons wat elk in verskillende
generasies kan bestaan (ons sal nie hierop ingaan nie, maar sal net na die
basis naam verwys). Dan is daar bosons,
die gluon, photon, Z boson en W boson. Die Higgs boson was die laaste paar
maande in die nuus aangesien die wetenskaplikes in Cern Switserland beweer het
dat hulle die Higgs boson met behulp van die ondergrondse versneller aldaar gevind
het. Dit blyk dat die Higgs boson net ’n miljoenste van ’n miljardste van ’n miljardste van ’n
sekonde verskyn dan is dit weer weg. Die Higgs boson word ook “the God
particle” genoem omdat dit glo die boson is wat alles massa gee en dus materie (saambinding)
gee.
Quarks, leptons en bosons is golwe wat gedurig
beweeg/ossilleer, volgens Brian Greene kan ons nooit seker wees waar (die posisie
van) ’n partikel (van nou af as ons oor ’n partikel praat is dit ’n kwantum
partikel) hom bevind nie, of teen watter spoed dit beweeg of ossilleer nie. Partikels
en velde ossilleer en spring tussen alle waardes na willekeur, tot die
frustrasie van alle Fisici, hulle praat van kwantum onsekerheid. ’n Verdere
eienskap is dat die partikels teen geweldige uiteenlopende temperature kan
bestaan sonder om van hulle eienskappe te verloor. So is absolute null op die Kelvin
skaal -273,15oC, ’n temperatuur wat nog nooit bereik is nie. Teen
die temperatuur sal die partikel sy zero energie punt bereik. Aan die ander
kant van die temperatuur skaal het ons temperature van die grootste son en van
die kerne van spiraal sterrestelsels. Daar word gepraat van die Planck temp. van 1032 Kelvin,
dit is 100 miljoen, miljoen, miljoen,
miljoen, miljoen oC en selfs daar ossilleer die artikeltjies.
Eienskappe van ’n Kwantum partikel:
Partikel tweeledigheid
of dualiteit: wanneer ’n partikel na ’n skerm met twee splete in gevuur
word gaan die golf deur beide splete
gelyktydig en gaan aan die ander kant aan asof dit nie deur die splete is nie.
In pogings om te sien wat gebeur, het wetenskaplikes ’n partikel waarnemings
apparaat aan die agterkant van die skerm gesit en elke keer as hulle die
verskynsel probeer waarneem dan verander die partikel in materie en gaan deur slegs
een van die splete. Sodra jy dus na die partikel kyk verander dit in materie en
as jy nie kyk nie is dit ’n golf, dit wil voorkom asof die partikel vooraf weet
dit word waargeneem en dus die onmiddellike verandering na materie
bewerkstellig. ’n Kwantum partikel het dus twee toestande, golf-materie dualiteit waarin dit kan bestaan.
Tydloosheid van ’n
partikel: Ons is so vas gevang in ons geloof in die liniêre progressie van
tyd dat enigiets wat die geloof weerspreek nie vir ons bestaan nie. Daarom is
dit swaar om te glo hoe ’n partikel op een of ander manier voor die tyd weet of
dit waargeneem gaan word. Dit wil voorkom of daar in gids golf bestaan wat voor
die tyd bepaal of daar ’n waarnemer vorentoe is wat die partikel gaan sien al
dan nie. Daar is probeer om ’n oomblik nadat die partikel deur die splete
beweeg het te sien of dit deur beide splete is, maar die partikel het
onverklaarbaar voor die tyd geweet dit gaan na die tyd waar geneem word en dus
in materie verander en gaan dan net deur een spleet, maar as die waarnemings
instrument afgeskakel is gaan dit as ’n golf deur beide splete. Eksperimente is
aangepas om op verskillende maniere te bepaal hoe dit gebeur, maar was almal
onsuksesvol, die partikel weet voor die tyd dat dit waargeneem gaan word.
Kwantum vervlegting
of verstrengeling: ’n vervlegte paar van partikels word geskep deur een
partikel om te skakel na ’n paar en dan die een in die een rigting te stuur en
die ander in die teenoorgestelde rigting. Die twee vervlegte partikels reageer
nou asof hulle steeds net een is ongeag van hoe vêr hulle van mekaar verwyder
is (Pretoria en Kaapstad). Elke partikel roteer om ’n as, in of ’n linksom of
’n regsom rigting. In ’n vervlegte paar sal die een partikel sê linksom roteer
en die ander regsom, as ons nou die
rigting waarin die eerste roteer verander na regsom sal die ander sonder
enige tyds interval onmiddellik linksom roteer. ’n Vervlegte kwantum
partikel is dus nie aan ’n tydskaal gekoppel nie, dit is asof tyd nie bestaan
nie.
Kwantum tonnel: In
’n eksperiment het wetenskaplikes ’n muur in die pad van afgevuurde proton
partikels geplaas en gevind dat ’n sekere aantal deur die muur gegaan het en
aan die ander kant aangetref word. Die snaaksste van die eksperiment is dat die
partikels wat deur die muur getonnel het effens gouer van punt A na B beweeg
het as wat dit neem om sonder ’n muur die afstand af te lê, hoe dikker die muur
hoe vinniger voltooi hulle die afstand. Dit is asof die partikel se tyd om deur
die muur te gaan nie bestaan nie. Die partikel dematerialiseer aan die eenkant
en materialiseer aan die ander kant sonder dat daar tyd verbygaan, net soos met
partikel vervlegting.
Kwantum teleportasie:
Vervlegting en tonnel het die wetenskaplikes laat begin werk aan teleportasie
en het Chinese wetenskaplikes partikels oor ’n afstand van ongeveer 16km
gedematerialiseer en aan die ander kant gematerialiseer. Hierdie verskynsel
word tans nog deur wetenskaplikes verder ondersoek, maar is reeds bewys dat dit
gedoen kan word. Weereens was tyd nie
ter sprake nie, die oomblik wanneer die partikel aan die kant dematerialiseer
dan het dit aan die ander kant gematerialiseer.
Deelpare:Wanneer jy na die Kwantum tabel kyk sien jy woorde soos “up” en “down”, “top” en “bottom” of “neutrino” onder aan die name van die partikels. Hulle noteer die deelpare of sal ons sê die partikel en sy teen/omgekeerde partikel, een wat linksom draai en een wat regsom draai, die positief of negatief. Deelpare as hulle bymekaarkom sal mekaar vernietig, neutraliseer, tot niet maak, hulle is mekaar se teenoorgestelde partikels. Vir elke partikel is daar ’n kopie, deelpaar, ander een wat omgekeerd is, ’n partikel kan nie bestaan sonder dat daar ’n deelpaar is nie. Deelpare is as gevolg van hulle eienskappe dus ook vervleg en voldoen aan die vervlegting konsep van afstand. Die deelpaar konsep is hoe alles, die heelal in ewewig bly. Sien ook “Niks wat iets is” hieronder.
Photon of lig partikel:
Die kleinste boson wat bestaan is die Photon, die boson wat lig gee. ’n Photon is ’n elementêre kwantum partikel ’n bondel elektromagnetiese energie met geen massa nie maar wat tweeledig is of tweeledigheid weerspieël, dit funksioneer as ’n golf of ’n partikel. Die energie daarvan kan nie vanself afneem nie, alhoewel die energie oorgedra kan word deur wisselwerking met ander partikels. Photon is altyd aktief (het ’n frekwensie, golflengte, amplitude en ander golf attribute), in ’n vakuum beweeg dit teen die spoed van lig nl. 2.998 x 108 m/s. In die atmosfeer en ander media soos water neem die spoed af as gevolg van die digtheid van die stof waarin dit beweeg. ’n Photon is elektries neutraal en kan nie elektries gelaai word nie.
Afhangend van die frekwensie ken ons die photon as sigbare
lig, die lig wat ons daagliks om ons het waarmee ons kan sien. Maar dit is ook
wat ons ken as Gamma strale, X-strale, ultraviolet strale, infrarooi strale,
radio golwe en mikrogolf strale.
Niks wat wel iets is:
Tot onlangs is geglo dat ’n vakuum niks bevat nie en in ’n
sekere sin is dit so. Daar is geen materie in ’n vakuum nie, maar die vakuum is
nie sonder energie nie. Moderne kwantumteorie leer ons dat daar nooit van alle
energie ontslae geraak kan word nie. Daar is altyd wat na verwys word as nulpuntenergie
of ’n onmeetbare min energie in ’n vakuum.
Dit is onmoontlik om die nulpuntenergie op te spoor as
gevolg van die lae vlak van energie daarvan, maar dit is as ’n see van energie
teenwoordig in die vakuum. As gevolg van die energie of golfies ontstaan daar
virtuele deeltjies as deelpare. Dit is
virtuele deeltjies en teen virtuele deeltjies, deeltjies wat linksom of
regsom draai of positief en negatief gelaai is. Netso vinnig as die deeltjie en
sy deelpaar ontstaan so vinnig kanselleer hulle mekaar uit en bestaan hulle nie
meer nie. Hierdie proses vind ewigdurend binne die vakuum plaas.
Hoe nader die vakuum aan ’n gravitasieveld is, kan die veld
die deeltjie en sy teen deeltjie skei van mekaar en kwantum partikels ontstaan wat
op hul beurt met ander kwantum partikels verenig en na gelang van die
kombinasie kan Waterstof atome ontstaan (sien Ramban heel bo). Soos die atome
meer word, kan wolke van gas ontstaan ens. Ons sal nie verder hierop uitbrei nie, maar net opmerk dat uit niks kan
iets wel ontstaan, as daar energie is.
Die vier Superkragte
In die subatomiese wêreld van atome en kwantum deeltjies
geld daar net vier grondliggende interaksies of kragte. Sonder hierdie kragte
sou daar geen heelal gewees het nie.
1.
Die sterk wisselwerkende subatomiese krag wat
protone en neutrone saambid. Protone is elektronies positief gelaai en sal dus neig
om mekaar weg te stoot, wat beteken die atoom sal verval tot niks (en ons en
die heelal daarmee saam). Die sterk wisselwerkende krag bid die protone en die
neutron egter in die kern saam. Hierdie krag is lokaal tot die spesifieke atoom
en beïnvloed nie ander atome se kerne of protone nie.
2.
Die swak wisselwerkende krag is vir sekere
radioaktiwiteit verantwoordelik. Dit speel ’n noodsaaklike rol in die kettings
van kernreaksies wat energie opwek in die harte van sterre soos ons Son.
3.
Elektromagnetisme, bind die elektrone aan die
kerne en is verantwoordelik vir die same-koek van atome om molekule te vorm.
Dit is ook verantwoordelik vir atoom-strukture en die uitstraling van strale as
onsigbare en sigbare lig (sien Photon lig
hierbo). Dit laat materie solied lyk.
4.
Gravitasie, die aantrekkingskrag tussen
voorwerpe met massa. Ook bekend as swaartekrag, die krag is die swakste van die
vier maar geld oor geweldige afstande.
Interessant om te weet, is dat elektromagnetisme die rede is
dat ons nie deur die stoel val waarop ons sit nie, want, as gevolg daarvan
stoot voorwerpe/materie mekaar af en is die krag sterk genoeg om te verhoed dat
ons deurval.
Bespreking: Die
bogenoemde eienskappe van ’n kwantum partikel is lyn reg teen wat ons in die
drie dimensionele wêreld van materie ervaar en die wette wat vir ons in die
wêreld geld. Ons sien die dinge in films soos “Startrek”, maar kan onsself nie
so iets werklik voorstel nie. Daar is geen rasionele manier om dit te
verduidelik nie, dit druis lynreg in teen die werklikheid soos ons dit ken. Miskien as ons daarna kyk as iets wat in ’n
ander dimensie opereer/bestaan, mag dit dalk sin maak. Einstein het dan al vir
ons bewys dat daar ’n vierde en selfs verdere dimensies moet bestaan waar tyd
een van die dimensies is.
Die essensie van kwantum partikels is dat hulle ’n
“nie-plaaslikheid” vertoon hulle is hier maar kan nie vasgemaak word aan een
plek nie. Soos hierbo genoem is, weet ons nie waar die partikel volgende gaan
wees nie, die posisie van die partikel is onvoorspelbaar dis nou ’n golf dan
materie, die golf laat nie golfies agter, soos in water nie, daar is dus geen
aanduiding waar dit is nie. In ’n materiële toestand kan ons dit vasvat maar as
dit dematerialiseer is dit in ’n ander dimensie waar ons net nou en dan ’n
prentjie van kan vind, maar sodra ons dit sien is dit weer weg. Die wonderlikste
daarvan is dat die partikels die boustene van elektrone, protone en neutrone is
wat die kern is van atome waaruit ons bestaan. As jy dit kan glo, weet dan dat
jy wonderlik gevorm is deur God om meer te wees as wat jy soms kan verstaan,
maar meer hieroor later.
String teorie is essensieel net dit, ’n teorie, met sterk
aanduidings dat dit waar is. Een van die probleme vir wetenskaplikes is dat
hulle nie ’n versneller het wat die energie vlak kan bereik wat nodig is om
stringe te sien nie. Nogtans is daar aanduidings dat stringe wel bestaan en
hulle die gedefinieerde funksies soos deur wetenskaplikes beweer vervul. Ek wil
nie in uitgebreide verduidelikings hier betrokke raak nie, aangesien ek slegs
dit wat die wetenskaplikes sê sal herhaal, maar self nie verstaan nie. Dus sal
die volgende verduidelikings soos deur Phil Mason, Gideon Joubert en Wikipedia beskryf,
al wees waarmee ons gaan werk.
Een van die probleme van string teorie is dat daar nie
verklaar kan word uit watter energiebron die string sy energie tap om aan te
hou ossilleer nie. Indien daar nie ’n energiebron bestaan nie, sal die string
aanhou ossilleer, of sal dit na ’n tyd, volgens die wet van entropie, net ophou
en verdwyn? Aangesien die teorie aanneem dat die heelal uit ’n onbeperkte bron
stringe bestaan, waar kom die energie vandaan wat dit in stand hou en dat alles
nie na ’n tyd net kan ophou bestaan nie. ’n Ander vraag is waar het die ontelbare/onbeperkte
aantal stringe, wat nie bestaan het nie skielik vandaan gekom en wat die
oorspronklike energie bron was wat hulle aangeskakel het.
As ons sê dat ’n string ossilleer dan moet dit bestaan as ’n
energie bron, klank voortbring en selfs lig uitstraal, Sien verdere besprekings
hieronder hieroor.
Die Geestes Wêreld
Nou dat ons ’n idee het wat Kwantum teorie is, of wat ons
dink dit is. Hoe skakel dit met God, Jesus en die Heilig Gees.
Weereens is ek nie bevoeg om hieroor te skryf nie en herhaal
ek maar wat die Bybel en ander, soos Phil Mason, Gideon Joubert en Ramban hieroor te sê gehad
het.
Meeste van julle sal seker saamstem dat die geestes wêreld
op ’n hoër dimensie as ons moet bestaan. Dat daar dinge in die Bybel en selfs
in ons geestes lewe is wat slegs verklaar kan word as daar iets is soos ’n
geestes wêreld is wat langs ons bestaan. Die idee van ’n parallelle wêreld is
nie vir die hedendaagse mens te onmoontlik om aan te glo nie, ja die kerk het
Galileo in die 1600’s hel toe gestuur omdat hy gesê het die wêreld draai om die
son en nie die son om die wêreld nie. Die
moderne mens is egter meer geskool om nuwe dinge te glo en in ’n sekere sin te
aanvaar.
Hier moet ek egter sê dat ons nie God nou in die Kwantum
wêreld moet plaas soos die “New Age” beweging probeer doen nie en dan beweer
omdat ons uit kwantum partikels bestaan, is elke mens in homself dus ’n god
nie. Nee, God is in Sy eie wêreld wat ons Hemel noem en vandaar het Hy die
wêreld, heelal en uiteindelik mens in die lewe geroep of sal ons sê gespreek.
As God in die kwantum wêreld was, wie is dan buite die
wêreld om dit in die lewe te roep en na elke string en kwantum partikel te kyk
sodat dit die materie kan wees waaruit ons gemaak is. Julle sal onthou dat ’n
partikel slegs bestaan as materie, as iemand daarna kyk en ’n saamgestelde
string golwe is as daar nie nagekyk word nie.
God se Woord stel
energie vry
In die laaste paragraaf oor string teorie word die vraag
gevra “---waar kom die energie vandaan wat dit in standhou ----?”. Vir ’n
gelowige behoort hierdie nie ’n strikvraag te wees nie, die Bybel / Woord van
God sê dan dat God alles beveel het om te bestaan en dit was so. God het dus
net gesê en dit was so (vir die “Big Bang” aanhangers daai knal geluid wat
julle gehoor het, dit was God se stem). Heb. 1:3 in die “Good news” Bible sê
dit so, “----, sustaining the
universe with his powerful word. ----”, Kol. 1:17 sê dit beter “En Hy is voor alle dinge, en in
Hom hou alle dinge stand.”
In Genesis 1 lees
ons dat die Gees van God op die waters gesweef het. Die Hebrews se woord vir
gesweef is “rachaph” en kan ook vertaal word as beweeg, fladder of skud. Die woord word op twee ander plekke in die ou
testament gebruik, eerstens Deuteronomium 32:1 waar die Here soos ’n Arend oor
hulle fladder/sweef en in Jer. 23:9. Die Gees van God is die beskermer wat oor
die skepping sweef en dit onderhou. Alles word deur die Gees van God onderhou
elke string, elke kwantum partikel, atoom tot ons en die heelal. Die Gees van
God is die bo-natuurlike energie wat alles in standhou, die waarnemer wat sorg
dat elke partikel as materie onderhou word sodat ons kan bly bestaan.
In Heb. 11:3 lees
ons “Deur die geloof verstaan ons dat die wêreld deur die woord van God
toeberei is, sodat die dinge wat gesien
word, nie ontstaan het uit sienlike dinge nie.” Soos hierbo verduidelik is
kwantum partikels iets wat slegs waarneembaar is in versnellers en dan ook net
vir ’n breukdeel van ’n sekonde. Stringe is vir ons tans totaal onsigbaar en
tans net ’n teorie. Hierdie onsigbare dinge is volgens die wetenskaplikes die
boustene van ons en die ganse heelal. Dit is die grondstof wat God gebruik het soos
in Heb. 11:3 (hierbo) beskryf.
Weereens moet ek
dit beklemtoon dat as Skepper is God buite Sy skepping en kan Hy nie deel wees
van die skepping, soos baie van ons dalk glo nie. Hier wil ek nie sê dat God
nie in Sy skepping is nie, maar dat Hy as die bouer in sy gebou inpas en ook
bly, dit is ’n voldonge feit. Die Bybel maak dit ook vir ons duidelik in
Genesis 1, Ps. 33:6 en 9, Ps. 102:26 en
vele ander verwysings na die skepping. As string teorie dan die boustene is dan
is hulle in die lewe geroep deur God se bevel en is hulle uniek ontwerp om
onderhou te word deur die Woord van God. Die kwantum wêreld is dus so ontwerp
dat dit God se woord gehoorsaam, as God praat dan word die kwantum veld
herrangskik volgens God se Wil.
Musiek van die Hemele
“String
Teoretici” soos Edward Witten sê, dat
aangesien stringe vibreer teen verskillende frekwensies elke string dus ’n sekere noot voortbring. Unieke
frekwensies bepaal watter soort subatomiese partikel deur die string of
samevoeging van stringe geskep gaan word en dat dit saam dan ’n harmoniese klank
voortbring of kwantum musiek maak. So sal verskillende partikels, atome en
verbindings dus hul eie musiek voortbring.
Ons moet egter
bewus wees van die feit dat hierdie nie gewone klankgolwe is soos die waaraan
ons op aarde gewoond is nie. Nee, dit is bonatuurlike klankgolwe wat buite die
aarde se atmosfeer kan beweeg, waar die geluide wat ons maak ondersteun moet
word deur die beweging van die partikels van die atmosfeer. Die frekwensies waarteen stringe beweeg en
dus die klank wat dit meebring is egter nie vir ons hoorbaar nie en het nie die
atmosfeer nodig om voort te plant nie. Ons kan sê dit is klank wat voortvloei
uit die Gees van God. Dink maar net aan die Kwantum eienskap / attribuut van
vervlegting waar ’n vervlegte partikel onmiddellik reageer op sy vervlegte maat
se rigtings verandering ongeag van hoe ver hulle uitmekaar is.
Wanneer God praat
skep die klank van Sy stem op die sub-atomiese vlak die nodige vibrasie om
afhangend van die frekwensie, stringe, partikels, atome, verbindings, materie
en uiteindelik die heelal tot stand te bring.
Die stem van die Here onderhou en herstel dit wat Hy tot stand gebring
het. Esegiël 43:2 sê “------. Die stem van die Here was soos die gedruis van
baie waters, ---.” Die Bybel is vol verwysings na die stem van die Here en
veral dat Sy stem soos waters oor die heelal klink (sien “Niks wat iets is”
hierbo en wolke van waterstof). Die stem van God onderhou en skep die Heelal
deurentyd.
Alhoewel
Wetenskaplikes nog nie die frekwensie van stringe kon waarneem nie, het fisici
van die “Max-Planck-Gesellschaft” wel
die frekwensie/resonansie van ’n klein waterstof atoom geanaliseer op dieselfde
manier as wat musikante musieknote/akkoorde analiseer. Atome en molekules het
soos ’n musieknoot elk ’n sekere frekwensie en het hulle die noot hoorbaar
gemaak. Kan ons dan sê dat die Heelal ’n simfonie is wat God se Almag besing,
dat elke string, partikel, atoom, verbinding, molekule God prys en loof. Jesus
sê dat selfs die klippe sal dit uitroep.
"Every molecule contained in a homogeneous mass has the same harmonic oscillatory motion, which is the "chord of the mass" governed by the
mass aggregation and the mass form. The "chord of the mass" is therefore
the fundamental frequency of every molecule of the mass". This means that the molecule of iron in a ball bearing 1/16th inch in diameter has a
different vibrational frequency than a molecule in a ball bearing 1/2 inch in diameter.
It also has a bearing on crystallization forms and the variation in molecular groupings in bodies of elements, with
the resultant differentiation in different masses of any
one element due to different plus molecular aggregates, even although perfectly
homogeneous as far as chemistry can determine.” (Keely).
Ps. 148:2-6 “Loof
Hom, al sy engele, loof Hom, al sy leërskare! Loof Hom, son en maan, loof Hom, alle ligtende sterre! Loof Hom, hoogste hemele
en waters wat bo die hemele is! Laat hulle die Naam van die HERE loof; want
Hy het bevel gegee—en hulle is geskape. En Hy het hulle in stand gehou vir
altyd, vir ewig; Hy het ‘n wet gegee wat geeneen oortree nie.”
Kwantum Inligting en God
Volgens Heinz
Pagels, Werner Gitt, Steven Marquardt en ander fisici word daar ’n magdom van
inligting vervat in kwantum stelsels of sal ons sê atome/molekules. Hierdie
inligting alhoewel nie in enige menslike taal aan ons beskikbaar is nie kan
wiskundig weergegee word. Prof. Gitt stel dit dat inligting die onderbou is van
die ganse skepping en dat alle inligting
die produk is van goddelike kennis wat bestaan het voor die fisiese skepping
van die heelal. Hy stel dit dat,
die inligting vervat in materie, die teorie van intelligente ontwerp
(Intelligent Design) ondersteun, dat dit slegs deur ’n intelligente brein
gedoen kon word en nie deur ’n lukraak kans wat per ongeluk miljoene der
miljoene kere plaasgevind het nie.
As ons aanneem
dat in die brein, maak elke breinsel kontak met tussen 10 000 tot 100 000 ander
selle, dan is dit nie verbasend dat daar oor die duisend miljoen miljoen konneksies
in die brein is nie. As die konneksie een per sekonde plaasvind sal dit 32
miljoen jaar neem om almal te konnekteer. Die oorgrote meerderheid van hierdie
konneksies is alreeds gekonnekteer by geboorte. 0ngeag die astronomies
hoeveelheid konneksies is alles ordelik en het elke konneksie en netwerk van
konneksie spesifieke funksies om te verrig, inligting te verwerk en instruksies
aan verwante selle deur te gee. Die verwerking van inligting en die spoed
waarteen dit plaasvind maak die mens se brein die grootste rekenaar op aarde.
As ’n mens se brein so baie funksies in so ’n klein area bevat, hoe groot moet
God se vermoë nie wees om die heelal te skep en te onderhou nie.
Al hierdie inligting se onderbou is stringe en kwantum
partikels wat deur God gespreek is. Die Woord het ordelike ontploffing op
ontploffing van inligting teweeggebring wat die heelal geskep het en alles in
plek gesit het. Selfs die struktuur van die hardste van die hardste materie
toon ’n definitiewe geometriese en simmetriese struktuur wat wiskundig
uitgebeeld kan word , onderhoudend en meetbaar is. Daar is bewyse dat in alles daar wiskundig
inligting is wat patrone van ongelooflike skoonheid uitbeeld.
Die Kwantum Rekenaar
van die Heelal
Oor hierdie aspek kan daar seker baie geredeneer word, een
ding is egter seker en dit is dat alle kwantum partikels so saamgestel is dat
hulle soos ’n rekenaar een of ander status weerspieël. Nul of een, aan of af,
linksom of regsom, noem dit wat jy wil, maar die samevoeging van hierdie
partikels en hulle spesifieke orde het soos die rekenaar ’n sekere uitkoms.
Hierdie uitkomste saam vorm ’n program wat ’n sekere produk lewer, dit weer
saamgevoeg, maak ’n volgende produk ensovoorts totdat ons die heelal kry. So as
jy dit wil definieer as ’n kwantum rekenaar soos sommige wetenskaplikes, laat
dit so wees.
Ek glo dat God dit so geprogrammeer het, as julle dit so wil
stel en dat Hy, God die rekenaar is wat die programme van die heelal in
standhou. Hiermee wil ek nie sê dat God ’n rekenaar is nie maar dat die onderbou
van alles deur Hom in standgehou word, soos reeds hierbo gestel is.
God is Lig
Hierbo het ons die photon partikel bespreek, ’n boson wat
vir ons lig gee en ander strale wat ons daagliks gebruik om ons lewens makliker
te maak soos mikrogolwe en X-strale. Maar as ons sê God is lig dan moet ons
onderskei dat Hy minder is as ’n photon en meer is die energiekste vorm van
lig. ’n Photon is beperk tot die spoed van lig in ’n vakuum en tot die sterkste
Gamma-straal wat deur ’n ster uitgestraal kan word.
God se lig daarinteen is nie beperk tot tyd nie, of die
sterkste van ’n X-straal nie. God se lig is tydloos en alles verterend. Van
Christus Jesus getuig Timoteus soos
volg: 1 Tim. 6.16 “wat alleen
onsterflikheid besit en ‘n ontoeganklike lig bewoon, wat geen mens
gesien het of kan sien nie, aan wie toekom eer en ewige krag.” En Johannes sê in Joh. 1:4 - 5 “In Hom was
lewe, en die lewe was die lig van die mense. En die lig skyn in die duisternis,
en die duisternis het dit nie oorweldig nie.” Terwyl Saulus na Damaskus reis
omstraal ’n lig hom (Han. 9:3 – 9) en hy val neer en toe hy van die grond af
opstaan kon hy weens die intensiteit van die lig nie sien nie. Die hele
Johannes evangelie en Handelinge is deurspek met verwysing na die Christus as
die Lig.
1 Joh. 1: 5 “En
dit is die verkondiging wat ons van Hom gehoor het en aan julle verkondig: God is lig, en geen duisternis is in Hom
nie.”
Die orde in lewe en
hoe God dit laat funksioneer.
Oor hierdie aspek is ek heeltemal onbevoeg om iets te sê,
daarom gaan ek ’n aanhaling wat Phil Masson uit Michael Denton se werk gekry
het en in ’n verkorte weergawe vertaal is (beter kan ek dit nie verduidelik
nie).
“Om die realiteit van lewe soos dit in ’n lewende sel
weerspieël word voor te stel, moet ons die sel ’n duisend miljoen keer vergroot
tot ongeveer so groot dat dit die middestad van ’n stad soos Johannesburg sal
toemaak. Wat ons dan sal sien is iets van ongekende kompleksiteit en ontwerp.
Op die buite-omtrek is daar miljoene openinge, wat oop en toe maak om ’n
konstant vloei toe te laat. Gaan jy deur een van die openinge in, kom jy te
staan voor verstommende en komplekse tegnologie, van eindelose gange en pype
wat in alle rigtings vertak. Sekere van die gange en pype sal lei na die
sentrale geheue in die nukleus en ander na werkswinkels en verwerkings eenhede
waar hulle verwerk word. Die nukleus self is ’n groot sweer vormige kamer van
ongeveer ’n kilometer deursnee, daar kry ons kilometers van opgerolde DNA
molekules mooi opgestapel. ’n Groot
aantal produkte en roumateriaal (RNA ribonucleic suur, nucleic suur en
proteïene) word heen-en-weer-vervoer deur die pype op ’n goed gedefinieerde en
ordelike manier van en na die verwerkings eenhede rondom die nukleus van die
sel. Jy staan verwonderd oor die hoë vlak van beheer wat gesetel is in die
beweging van deeltjies deur die menige blykbaar oneindige stelsel van
toevoerpype. Rondom jou net waar jy kyk is daar ’n verskeidenheid van robotagtige
RNA en protein molekules/werktuie, elk met ongeveer drie duisend atome wat netjies
in ordelike fatsoen saamgevoeg is. Die molekules (RNA) werk soos analoog
rekenaars, met hul eie kommunikasie en dekodering stelsel, geheue waar
inligting gestoor en onttrek word, beheerstelsels wat die bou van onderdele en
komponente beheer, fout find en herstel, proeflees en kwaliteite beheer uitoefen
op die vervaardiging prosesse.
Die kompleksiteit
van genetiese inligting vervat in lewendige sel en molekules en die
intelligente uitvoering van take soos reproduksie wat binne ’n lewende molekule
geprogrammeer is (DNA chromosoom), kan slegs van God afkomstig wees. In
Jer. 32:27 sê God; “Kyk, Ek is die
HERE, die God van alle vlees; sou enige ding vir My te wonderbaar wees?” As ons
kyk na ’n DNA string dan is die aantal instruksies wat nodig is om ’n mens te
vorm in die orde van drie miljard (“billion”). Alhoewel die basis van DNA
inligting baie klein is, is die lengte ongeveer een meter, hierdie meter DNA
plus ’n kopie daarvan is binne die die kern van ’n sel verpak. Die kern bevat 6
gigagrepe genetiese inligting en is steeds ver te klein om met die blote oog te
sien. Die inligting wat onwillekeurig
deur die liggaam vloei om lewe te onderhou, is ongeveer 3x1024 items
per dag. As dit vergelyk word met al die inligting wat in die wêreld se
biblioteke vervat is 1018 is dit duidelik dat die liggaam nie
lukraak kon ontstaan nie. Die lewende sel is ’n hoogs gespesialiseerde
fabriek waar die mees unieke en ingewikkelde vervaardigings prosesse plaasvind,
volgens die inligting wat in ’n DNA string (chromosoom) vervat is. Jy kan die
Sel vergelyk met ’n groot fabriek op aarde, wat egter die sel onderskei van ’n
fabriek is dat dit oor die vermoë beskik om homself binne ’n paar uur te
dupliseer.”
Net soos die RNA en proteïen molekules in ’n
sel inligting verwerk en met ’n spesifieke doel werk, het die atome wat die
molekules se onderbou is, ook ’n gevorderde intelligensie en bind hulle met
ander spesifieke atome om ’n molekule te vorm. Op sy eie het ’n atoom geen
werklike waarde nie, dit is egter wanneer dit met ander atome bind en molekules
vorm wat lewe ontstaan.Net so kan hierdie intelligensie deurgetrek word na kwantum partikels wat die onderbou van atome is. Die partikels kom bymekaar en vorm protone, neutrone en elektrone en word atome, die kombinasie van die partikels en die aantal protone en elektrone wat hulle saamvoeg gee vir ons die tipe atoom sien die periodieke tabel op bladsy 1. Dit is dan ook nie vreemd dat die stringe van string teorie elk met sy eie frekwensie, ook so saamgevoeg word om die kwantum partikels te skep nie.
Dit is ook dan nie onverwags dat Max Planck een van die wêreld se grootste fisici in die 20st eeu die volgende opmerking gemaak het nie: “All matter originates and exists only by virtue of a force which brings the particle of an atom to vibration and holds this most minute solar system of atom together. We must assume behind this force the existence of a conscious and intelligent Mind. This Mind is the matrix of all matter.” Planck as Fisikus wil nie graag na God verwys nie, maar het op sy manier verwys na die Brein van God wat alles so geprogrammeer en saamgeroep het om ’n simfonie van intelligensie van materie en lewe te vestig tot eer van Sy naam “JHVH”.
Gideon Joubert sê in sy boek bls. 279 “Die fisici van vandag is meer as wetenskaplike ondersoekers. Baie is, onwillekeurig, bewustelik of onbewustelik, die profete van ons tyd. Op ’n nuwe en dikwels skokkende wyse openbaar hulle die mistieke grootheid van die Skepping en sy Skepper soos dit aan hulle onthul is. Hulle vertel van insigte wat aan hulle geopenbaar is. Dié kom nie uit drome en gesigte nie, maar uit nugtere, berekende, wetenskaplike bevindings en afleidings.”
Kwantumteorie en die Bybel.
Daar is in die Bybel heelparty gevalle wat erken kan word as teleportasie, tonnel, tydloosheid, vervlegting en tweeledigheid.
Terwyl die Émmaüs gangers huiswaarts keer, stap Jesus hulle tegemoet en begin met hulle gesels, die vraag kan gevra word, waar kom Hy vandaan net op daai tydstip. Ja miskien was Hy daar en toe Hy hulle sien sluit hy by hulle aan, ek dink egter Hy het daar gematerialiseer en by hulle aangesluit. Hierdie vermoede kom van hoe Hy net weggeraak het nadat hulle hom erken het. Luk. 24:31 “Toe is hulle oë geopen en hulle het Hom herken, en Hy het uit hulle gesig verdwyn.” Later ontmoet ons Hom waar die Dissipels staan en spekuleer oor Sy opstanding. Hy was nie daar nie en toe's Hy daar. Luk. 24:36 “En terwyl hulle hieroor praat, staan Jesus self in hul midde en sê vir hulle: Vrede vir julle!” Die vraag is nou was dit net die onvoorspelbaarheid van kwantum partikels, nou’s hy hier en nou’s hy weg op ’n onbekende bestemming of was dit Teleportasie? Vir my klink dit meer na Teleportasie Hy verdwyn op een punt en verskyn dan op ’n ander punt.
Ander soortgelyke gevalle: Han. 8:39 “En toe hulle uit die water opklim, het die Gees van die Here Filippus skielik weggevoer, en die hofdienaar het hom nie meer gesien nie, want hy het sy weg met blydskap gereis.” En in vers 40 “Maar Filippus is in Asdod gevind. En hy het die land deurgegaan en die evangelie verkondig in al die stede, totdat hy in Cesaréa gekom het.” Joh. 20:14 “En toe sy dit gesê het, draai sy haar om agtertoe en sien Jesus staan, en sy het nie geweet dat dit Jesus was nie.”
Joh. 20:19 “En toe dit aand was op daardie eerste dag van die week en die deure waar die dissipels vergader het uit vrees vir die Jode, gesluit was, het Jesus gekom en in hul midde gestaan en aan hulle gesê: Vrede vir julle!” Is hierdie ’n geval van kwantum tonnel, die deur was toe en Hy het net deur getonnel na binne.
Joh. 21:19 “En toe hulle geland het, sien hulle ‘n koolvuur op die grond en vis daarop lê, en brood.” Wat het hier gebeur? Jesus was nie daar nie toe is Hy daar. Hy het geen vuur of vis nie maar toe hulle land, braai die vis op die vuur. God spreek en dit is. Jesus sê sien en die blinde sien, Hy sê word gesond en die melaatse, kreupele en ander siektes is genees.
Die Bybel is deurspek met voorbeelde soos hierdie, wat ons teleportasie of tonnel of skepping, kan noem. Die een oomblik is Hy hier, dan is Hy daar. Ja, ons kan sê “Die Here God is almagtig en Hy kan nou hier wees en dan daar. Hy kan enigiets doen deur net te spreek of te wil.” En ek stem saam, wat ek sê, is God het die infrastruktuur daargestel, nl. kwantum partikels, om dit te doen. God is nie ’n mens wat net doen wat hy wil nie, Hy is gestruktureerd, wat Hy doen het substansie, dis nie nou hier en dan daar nie. God is ’n God van orde, Sy skepping is binne ’n reeks wette (Sy wette) daargestel en alles wat geskep is voldoen aan Sy wette, tot in die fynste detail (string teorie of wat ook al daarop mag volg).
Wonderwerke en
Kwantumteorie:
Kan ons ook wonderwerke doen? Jesus was die gesalfde Seun
van God en het deur die Heilige Gees op ’n kwantum vlak die bo-natuurlike
transformasie aangespreek. Dit is dus God se woord wat gespreek word. Geen
gewone mens kan so ’n wonderwerk bewerkstellig deur net te praat nie. Jesus sê
in Joh. 6:63 “Dit is die Gees wat lewend maak, die vlees
is van geen nut nie; die woorde wat Ek tot julle spreek, is gees en is lewe.”
Teen hierdie tyd
moet dit duidelik wees dat daar twee wêrelde is. Die een die kwantum-wêreld van
materie en kwantum boustene wat die wêreld ondersteun en die Hemel, die Geestes
wêreld van God, die bo-natuurlike wêreld van Gees en Heerlikheid van God. Jesus
Christus die verbinding tussen die twee wêrelde, Jesus na Christus wêreld na
Hemel terwyl hy op aarde was, is nou Christus Jesus, Christus na Jesus (ons Sy
volgelinge) Hemel na wêreld. Jesus het die Heerlikheid van God aarde toe
teruggebring, die Heerlikheid waarbinne Hy die kwantum of sub-atomiese vlak
aangespreek het om heeling te bewerkstellig.
Daardie Gees van Heerlikheid
het Hy dan ook aan ons gegee, Han. 1: 8 “maar julle sal krag ontvang wanneer
die Heilige Gees oor julle kom, ----------.” Sien ook Joh. 14:26, 15:26, 16:7
en die uitstorting in Han. 2:4 “En hulle is almal vervul met die Heilige Gees
en het begin spreek in ander tale, soos die Gees aan hulle gegee het om uit te
spreek.”. Ons is dus deur Jesus se woorde, (in
Joh. 14:12 – 14 “Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo die werke wat Ek doen, sal hy ook doen; en hy sal
groter werke doen as dit, omdat Ek na my Vader gaan. En wat julle ook al in my
Naam mag vra, dit sal Ek doen, sodat die Vader in die Seun verheerlik kan word.
As julle iets in my Naam vra, sal Ek dit doen.” En Mar. 16:17-18 “En vir die wat geglo het, sal hierdie
tekens volg: in my Naam sal hulle duiwels uitdryf, met nuwe tale sal hulle
spreek, slange sal hulle opneem; en as hulle iets dodeliks drink, sal dit hulle
geen kwaad doen nie; op siekes sal hulle die hande lê, en hulle sal gesond
word.”) gemagtig om in Sy naam, deur die werking van die Gees van
Heerlikheid, siekes gesond te maak.
In Handelinge 5:15 lees ons hoe die Dissipels in die
Heerlikheid van die Gees van God gestap het en siekes net deur hul nabyheid
genees is. Hierbo het ons verduidelik dat die Gees van God alles onderhou, dat
God deur die Woord. alles tot stand gebring het. Christus Jesus het daardie
Gees van Heerlikheid, die Heilige Gees aan ons gegee, sodat ons, as ons, glo en
in Sy Naam vra ons dieselfde genesing kan doen as Hy. Deur in die Naam van die
Seun te kom, sal wat ons beveel die Kwantum partikels wat nodig is inwerking
stel om genesing te bewerkstellig, soos die dissipels en ook van die profete
gedoen het.
Die hedendaagse geloofsgeneesheer het verskeie maniere om
genesing te bring. Hulle mag in gebed daarvoor vra of dit in gebed gebied, in
tale praat, Christus aanroep of slegs genesing beveel. Christus self het in
meeste gevalle slegs genesing beveel, of bevestig, maar het ook ander metodes
gebruik soos om ’n sekere aksie te beveel voor genesing plaasgevind het. Watter
metode ook al gebruik word een ding is wel nodig vir genesing en dit is dat die
Heerlikheid/Gees van God teenwoordig moet wees. As die Heerlikheid nie
teenwoordig is nie kan geen genesing geskied nie. Jesus Christus en die
Apostels het in daardie Heerlikheid geloop dit was deurentyd by hulle. Meer
hieroor in ’n ander skrywe.
Wat kan ons hieruit
aflei?
Hoekom hierdie vraag? Omdat dit ’n samevattende vraag is,
deur dit te beantwoord kan ons alles wat hierbo gesê is in een paragraaf
vasvang.
God is ’n god van orde, ’n god wat onderhou en dus ’n god
van liefde. God het die kwantum partikels in die lewe geroep/gespreek en ’n
sekere orde in hulle ingebou, wette daargestel waaraan hulle moet voldoen om te
bestaan. God het hulle interaksie met mekaar geprogrammeer om binne die wette
boustene te wees vir Sy heelal. God het hulle so gemaak dat hulle aan Sy stem, Sy
Woord, onderdanig is. God het Sy Gees
aangestel om dit wat Hy in die lewe geroep het deur Sy Woord, te onderhou. Dit
het God gedoen sodat Hy verheerlik mag word en om Sy Heiligheid te bevestig.
Laat ons Hom dus Verheerlik en Sy Naam grootmaak, “JHVH”.
Laat ons in Sy Heerlikheid wandel.
Prys die Here God Almagtig, Sy Seun en Heilige Gees, in alle
ewigheid.
Dieter, ’n volgeling van Christus Jesus. Mag Sy Heerlikheid
ewig met jou wees.
Naskrif:
Ek het
ongelukkig nie alles breedvoerig uiteengesit nie en vertrou dat as jy dit lees,
jy die nodige kennis van die Skrif het om in te sien dat dit so is. As jy ’n
Kwantum Fisikus is vergewe my die onkunde waarmee ek jou vakgebied betree het. Fisici,
Kosmoloë, Chemisie en ander Wetenskaplikes is tans besig met die uitbreiding van die
beginsels van Kwantumfisika, Kwantum-kosmologie, String-teorie en ander teorieë
wat hulle ook al kan aan dink. Meestal sonder om die Godheid in aanmerking te
neem, omdat hulle glo dat dit hulle sal beperk in hulle soeke na “hulle” waarheid,
min wetend dat jy slegs die waarheid kan ontdek as jy dit saam met God doen en
dat God dit aan hulle sal openbaar in Sy tyd, my verskoning aan dié wat wel aan
God glo.
Ja, baie sal
nie aanvaar wat hier geskrywe is nie en dit is goed so, elkeen van ons beleef
God volgens ons eie verstand en meeste het nie hierdie detail nodig om te glo
nie. Jesus het in Mat. 22:37 gesê “---- Jy moet die Here jou God liefhê
met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.” En dit is hoe
ek Hom lief het.

Opmerkings
Plaas 'n opmerking